Category: Culture

Hierdie Errie kán voordra!

Vandré Swart (Gr.11), van Hoërskool Ermelo, het Saterdag 14 Oktober 2017 aan die Nasionale Radikale Redenaarskompetisie deelgeneem. Hy het ingeskryf vir die afdeling: Poësievoordrag. Hy het met sy voordrag van die gedig, Spooroorwegramp by Henley-on-Klip deur die digter JC Steyn, ‘n derde plek verower! Die Erries is trots op jou! Baie geluk,...

Read More

Tiané Bezuidenhout finalis vir Miss High School SA

Hoërskool Nelspruit se Tiané Bezuidenhout in gr. 8 is onlangs gekies as een van 12 Miss High School SA-finaliste. Sy is ook die enigste finalis van Mpumalanga en is plaaslik by talle gemeenskapsprojekte betrokke en presteer ook in ringbal. Ondersteun vir Tiané deur die amptelike “Miss High School SA”-blad te besoek, af te ‘scroll’ tot by haar foto en hom te ‘like’! Sy neem in Desember 2017 aan die finaal in Sandton deel! Baie sterkte! #nellietrots #nellieguts   Sien ook haar eie FB-blad vir die geleentheid: https://www.facebook.com/tianebezmisshighschoolsasemifina…/…     Maar die belangrikste is om hier vir haar te stem deur haar foto...

Read More

Hoërskool Ermelo se Droomboom wen!

Die EHS het Nelstehuis se droomboom ingeskryf vir die jaarlikse  Gaufestival:  “Bome is lewe”-kompetisie. Die kompetisie het behels dat die boom se omtrek en hoogte gemeet moes word. Daar moes ook ‘n foto saamgestuur word. Die prysuitdelingsfunksie het op 1 Oktober 2017 plaasgevind. Die twee Erries wat hiervoor ingeskryf het wen die eerste prys en skop stof in die Gautengers se oë! Benewens pragtige boeke het hul ook ‘n boom vir die skool gewen – ‘n Papierbasboom! Daar moes ook ‘n skets van ‘n boom gemaak word, sowel as ‘n gedig oor ‘n boom geskryf word. In hierdie afdeling...

Read More

CVO Gromar Matriekafskeid – ‘n Spoggeleentheid

CVO Gromar se matriekafskeid 2017 was weereens ‘n spoggeleentheid.  Die matrieks van CVO Gromar, Groblersdal, en hul metgeselle het vanaf 16:00 aan die gebruiklike modeparade, wat by die skool self gehou word, deelgeneem en kon almal sien hoe prentjiemooi elkeen van hulle was. Hulle is ontvang vir die spoggeleentheid deur die Graad 11 leerlinge by Marble Hall Gholfklub vanaf 18:00. Die tema was “Parys” en die saal is baie swierrig versier.  Die kos was voorwaar uit die boonste rakke.  Die matrieks het tot laat saam gekuier, gedans en hul skoolloopbaan op luisteryke wyse afgesluit. Baie dankie vir die Gr. 11...

Read More

Categories

Positive Quotes

You don’t get paid for the hour. You get paid for The value you bring the hour. Jim Rohn