Category: Schools

Geraldine Scholtz, leerder van NHS, reik eerste enkelsnit uit

Geraldine Scholtz, ’n talentvolle jong blondine met ’n sprankelende persoonlikeid, is besig om vir haarself naam te maak in die musiekbedryf. Haar eerste enkelsnit, SOMMER, is pas uitgereik en is reeds besig om radiogolwe oor te neem en musiekharte te verower. SOMMER is ’n popliedjie uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Murray Lubbe (The Hit Factory) en gaan oor ’n meisie wat verlief is op iemand wat haar nie raaksien nie. Die treffer is die perfekte pasmaat vir die nuweling se sterk, helder stem en is beslis iets waarby gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind. Met treffers soos Af en...

Read More

Nelspruit Hoërskool neem afskeid van geliefde hoof

Daar word gesê dat ‘n gemeenskap die skool sal kry wat hy verdien. Hoërskool Nelspruit (NHS) is die verpersoonliking van hierdie gesegde en dit vat ‘n spesiale en visionêre man om die gemeenskap saam te snoer om ‘n skool te bou wat die toets van tyd kan weerstaan. NHS en die breë skoolgemeenskap het Saterdag 12 Augustus formeel van die uittredende hoof, dr. Louis Swanepoel, afskeid geneem tydens ‘n spog funksie in die skoolsaal. Die einste skoolsaal waarvan die opgradering en vergroting self ‘n jare lange droom was, maar uiteindelik onder dr. Swanepoel se leiding verwesenlik is, te same...

Read More

NHS steeds tweede op ranglys in Spur-bergfietsreeks

Nelspruit Hoërskool lê steeds tweede na die naweek se Mpumalanga Spur Skole Bergfietsreeks in Ermelo. Junior mans: Armand 1ste, Reuben Helberg 9de Junior vroue: Monique 3de Youth seuns: Mike 4de (o/16 2de), Lerico 8ste (o/15 4de), Jason 10de (o/16 5de), Arno 12de (o/15 6de), Leander 15de (o/15 7de), Luca 18de (o/15 8ste), Brandon 21ste (o/15 11de) Youth meisies: Hijke 2de (o/15 2de), Suzanne 4de (o/15 3de) Sub junior seuns: Christo 1ste Sub junior meisies: Anleo 4de (2de hoërskool)....

Read More

3 Spanne van HS Nelspruit deur na halfeindrondte van Virsekerbeker

Hoërskool Nelspruit het Saterdag met 3 van sy spanne deurgedring na die halfeindrondte van die Virsekerbeker, voorheen ook bekend as die Administrateurs Beker, Dirketeurs trofee en mees onlangs die Beeld trofee. Die beker gaan vir die beste Hoërskole Rugbyspan in die ou-Transvaal grens gebied en uitspeel wedstryde vind plaas tussen al die kampioene van die onderskeie streke, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noord-wes. Nelspruit het die gesogte beker al in al die ouderdomsgroepe gewen. Die Nellies se eerste span het die gesogte trofee al 3 keer ingepalm en hul mees onlangse wen was teen Hoërskool Garsfontein in 2014 se finaal,...

Read More

Virseker Beker – kom ondersteun Nelspruit Hoërskool

Kom ondersteun Nelspruit Hoërskool tydens die Virseker Beker (voorheen bekend as die Beeld Trofee) se rugbyhalfeindronde wat tuis aangebied word Saterdag 19 Augustus 2017. Ouers kan gebruik maak van parkering op die skoolterrein en deur die tonnel beweeg of op die sportterrein parkeer. Hektoegang is R15 per persoon. Program: 09:00 – O/14A NHS vs Zwartkop 10:10 – O/16A NHS vs EG Jansen 11:30 – 1stes NHS vs Centurion Sien u daar!...

Read More

Categories

Positive Quotes

Stay positive and happy.
Work hard and don’t give up
hope. Be open to criticism
and keep learning. Surround
yourself with happy, warm
and genuine people.