Category: Sports

Nelspruit o/11 Krieketspan deur na Mpumalanga Grootskole Finale

Nellies is trots op ons 0/11A Krieketspan wat deur is na die Mpumalanga Grootskole Finale nadat hulle vir Laerskool Klipfontein se 0/11’s met 70 Lopies geklop het! Nellies het die loot gewen besluit om eerste te kolf. Na ‘n goeie kolfbeurt kon Nellies daarin slaag om 155 lopies vir die verlies van 4 paaltjies in hul toegelate 30 beurte op die telbord te sit. Klipfontein het redelik vining paaltjies verloor, maar hul laaste 2 manne het goed vasgesteek. Klipfontein is almal uitgehaal vir 85 Lopies. Man van die wedstryd was Theuns Meyer met 42 Lopies en 4 paaltjies en...

Read More

Nelsies se Ma- en dogtertee ‘n groot sukses

Saterdag, 14 Oktober 2017, het die dogterskoshuis van Hoërskool Ermelo, Nelstehuis se jaarlikse Ma- en dogtertee plaasgevind. Hierdie pragtige funksie is op die verhoog van die Ouditorium van Hoërskool Ermelo aangebied. Hykie Berg, bekende akteur, was die gasspreker by die geleentheid. Die Ma- en dogtertee het vyf jaar gelede `n nederige begin gehad. Die eerste tee is aangebied in Nelstehuis se eetsaal en daar was 80 gaste. Hierdie funksie het elke jaar van krag tot krag gegroei en Saterdag was daar 300 gaste deel van hierdie spesiale geleentheid! Die graad 10-dogters het saam met hulle ma’s die funksie beplan...

Read More

NHS-atlete blink uit tussen die bestes in verre Limpopo

Die jaarlikse Elardus Erasmus Top 20 – atletiekbyeenkoms het verlede naweek oudergewoonte op Mookgophong plaasgevind.  Hoërskool Nelspruit ondersteun hierdie waardevolle geleentheid om atlete vir die komende seisoen te slyp al vir baie jare. Hoewel vele atlete tans nog by rugby en ander aktiwiteite betrokke is, het die groepie wat op 13 en 14 Oktober 2017 na Limpopo gereis het getoon dat daar gewis weer na puik vertonings in die nuwe seisoen uitgesien kan word! In totaal het 43 meisie- en 47 seunspanne vanjaar meegeding, wat hierdie byeenkoms steeds een van die grootstes van sy soort in die land maak. Nellies se...

Read More

EHS sluit hengelliga op hoë noot af!

Die laaste hengelliga wat deur Noord-Oos Mpumalanga aangebied is, het Saterdag, 14 Oktober 2017 by Dewald te Water se pan plaasgevind. Hoërskool Ermelo eindig algeheel tweede en Rico Jordan behaal ook ‘n individuele tweede plek. Die volgende seuns het gehengel. Baie geluk aan die seuns wat deel was van hierdie besonderse span: Divan Lourens, Rico Jordan, Zander de Beer, Jake Hoffeldt en AJ Joubert. Dankie aan al die seuns se toewyding en deelname vir die jaar. Die Erries is besonder trots op jul! Foto hierbo: Rico...

Read More

Categories

Positive Quotes

You don’t get paid for the hour. You get paid for The value you bring the hour. Jim Rohn