Gromar is ‘n CVO Privaatskool geleë in die hartjie van die Loskopvallei, waar ons met trots ons kinders opvoed met God se woord as riglyn en ons leuse ten volle uitleef:  Ter wille van ons kinders, tot eer van God.

Ons visie is “Om dinamiese leiers te wees in die Christelike opvoeding en onderrig van ons nageslag, sodat hulle ‘n verskil kan maak”, daarom doen ons ons leuse gestand:  Werk Glo Wen

Ons is tans die grootse CVO Skool in Suid Afrika met babaklasse tot en met Gr 12.

CVO Gromar beskik ook oor ‘n moderne koshuis wat op ons terrein gebou is.

By CVO Gromar kry u kind n wye veld van bloodstelling wat die volgende insluit:

Akademie

Al die akademiese vakke wat aangebied word het ‘n Bybelse grondslag en Bybel is ook n verpligte vak tot en met Gr 12. Die Gr 12 leerling skryf ook hul eksamens deur IEB wat Internasionaal erken word.

Kultuur

Daar word vele Kultuur-aktiwiteite aangebied by CVO Gromar waaraan die kinders kan deelneem, onder andere:

Redenaars

Beeldende kunste

Literêre werke

Kultuur fees

Bybel kennis eksamen

Konserte & Revue

Veldskool en Leierskampe

Jaarlikse Majuba Fees

Sport

Deur die loop van die jaar word daar vele sportgeleendhede aan ons kinders gebied, sodat hulle ook op daardie vlak kan ontwikkel en presteer. Die BVCO neem ook elke jaar aan vele Bokkieweke (AVS) deel, wat wonderlike geleendhede vir die betrokke kinders bied. Ons bied die volgende sport aan:

Atletiek

Rugby

Netbal

Hokkie

Krieket

Skaak

Landloop

Tennis

Ons neem aan die volgende Bokkie Week geleendhede deel:

Rugby & Netbal 0/13, 0/14, 0/16, Oop Spanne

Redenaars 0/13, 0/14, 0/16, Oop Spanne

Krieket 0/13 & Oop Spanne

Skaak 0/13, 0/15 en Oop Spanne

Koshuis

CVO Gromar beskik oor n nuwe moderne koshuis wat 60 kinders kan huisves.

Kleuterskool

Ons Kleuterskool is daar om elke kind wat deur ons versorg word, ‘n liefdevolle gebalanseerde en suksesvolle volwassene te maak met ‘n goeie selfbeeld. Ons vertrou en respekteer mekaar en kommunikeer openlik.

Ons kontakbesonderhede is soos volg:

Posbus 888, Groblersdal, 0470

H/v Ribbok- en Robertsonlaan 1, Groblersdal, 0470

S25° 09’ 44.9” E29° 23’ 30.18”

Tel. 013 262 5419

E-pos:  cvogromar@telkomsa.net

 

 

www.gromar.co.za