Lyuanda Mabuza, leerder van die Hoërskool Ermelo, het tydens die vakansie aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskap deelgeneem in Kimberley. Luyanda het algeheel elfde geëindig. Die prestasie is besonders, aangesien hy as 15-jarige moes kompeteer met seuns 18!

Baie geluk! Die Erries is besonder trots op jou!