Margha Greyling, graad 8 leerder van Hoërskool Ermelo , is gekies vir die SANESA Mpumalanga A-span vir perdry. Sy gaan gedurende die Oktober-vakansie die provinsie verteenwoordig by die Nasionale Kampioenskappe te Kayalami.

Sy en haar perd Lorelock Legolas gaan kompeteer in ‘n wye verskeidenheid klasse: Spring 80cm kompetisie, Spring 80cm Accumulator, Equitation 80cm, Working Hunter 80cm, Working Riding Level 3, Performance Riding Level 3 en In Hand Level 3.

MARGHA GREYLING

 

Baie geluk, Margha. En alle sterkte vir jou en Lorelock! Erries hou vir jou duim vas!