Category: Culture

Hoërskool Ermelo se Kunstesentrum-leerders presteer weer!

Musiek is genesing vir die siel en die Erries se Kunstesentrum is trots op hiérdie musiek-leerders vir hul besonderse goeie uitslae tydens 2017 se Royal School-eksamen: Esmé Joubert (foto heel bo) slaag haar graad 4-klavier met ‘n onderskeiding van 90%. Khayzek du Toit (foto links) slaag sy graad 3-klavier met ‘n onderskeiding van 92%.     John Lloyd (foto links) slaag met 85% sy graad 2-klavier.     Baie geluk aan elkeen. Julle harde werk en ure se oefening gaan nie ongesiens verby...

Read More

Con Spirito Kunsvereniging by Ermelo Hoërskool in 2018

Con Spirito!!!! is ʼn unieke Kultuurvereniging, Kultuur met Geesdrif, wat nou al vir die sestiende agtereenvolgende jaar in Gauteng funksioneer. Ons is daar vir enige vorm van kultuur. Die Vereniging wil graag: Kultuur bevorder Geleenthede skep Talent ontdek en ontwikkel Goeie nuus! ʼn Kunswedstryd op jou drumpel in 2018! Leerders uit enige skole of privaatinstansies uit Mpumalanga kan aan hierdie kunswedstryd deelneem wat by Hoërskool Ermelo aangebied word. DATUMS : 17, 18, 19 Julie 2018 VENUE : Hoërskool Ermelo Leerders kan vir die volgende afdelings inskryf: Skryf Dans Redenaars Drama Sang Instrumentaal Kore en sanggroepe ʼn Brosjure en inskrywingsvorms...

Read More

Hoërskool Ermelo graad 12-kunsleerders skep besonderse kunswerke

Op Woensdag, 8 November 2017, is die Graad 12-kunsleerders van Ermelo Hoërskool se praktiese take deur die Departement gemodereer. Daarna was die kunswerke beskikbaar in ‘n uitstalling om deur die publiek besigtig te word. Die leerdres het vier praktiese assesseringstake deur die loop van die jaar gehad met elke taak sy eie tema. PAT 1 se tema was Klere, PAT 2: Hande, PAT 3 is Breekbaar gewees en PAT 4 se tema was Blou. Die leerders kan hierdie tema’s interpreteer soos hul goeddink. Leerders skep en eksperimenteer in hul bronboeke, waaruit hul dan ‘n finale kunswerk skep. Elke kunswerk...

Read More

Oud-Erries hou 20 jaar Reünie

Getrou aan sy aard haal Hoërskool Ermelo sy beste weer uit en bederf Matrieks 1997 op hulle 20 jaar reünie met ‘n vars 9 ̊C in Oktober! Dit help sommer om, saam met die 90’s-treffers op die dansvloer die aand, die tipiese Hoëveld reuk van steenkool in die lug en die kraak van die houtvloer op toer deur Nelstehuis, hul geheue te verfris en dadelik die horlosie terug te draai. Die horlosie het werklik teruggedraai toe hulle die Errie kampus betree. “Ry mens deur vervalle, hartseer plattelandse dorpies oppad na Ermelo, is dit Prozac vir die siel om by...

Read More

Hoërskool Ermelo sluit 2017 af met Kerssangdiens!

Op Maandag, 30 Oktober 2017 het die Erries die jaarlikse Kerssangdiens in die Ouditorium gehad. Die samesang met besondere begeleiding van onder andere die kitaar-groep, die items wat deur die Erries gelewer is en die boodskap wat die Erries ontvang het, het alles bygedrae tot hoendervleis-oomblikke. In die Ouditorium kon jy die teenwoordigheid van ons Vader aanvoel en die dekor was sag, gepas en het die ware betekenis van Kersfees beklemtoon. Baie dankie aan elke Errie wat deel was van hierdie geleentheid. Ons is dankbaar dat ons met vrymoedigheid ons Vader kan prys en dank vir ons grootse Kersgeskenk...

Read More

Categories

Positive Quotes

The expert in anything was once a beginner.