Category: Other Activities

Errie-personeel groet

Op Dinsdag, 28 November 2017, het die personeel van Hoërskool Ermelo ‘n besonderse afsluiting gehad en moes ongelukkig afskeid neem van paar personeellede wat diep spore getrap het. Dit was ‘n feestelikheid met ‘n traan in die oog om hierdie dames te moes groet:  me. Lizelle Botha, me. Sandra Smit, me. Sarita Gouws, me. Theodora Boshoff, me. Rina van Rooyen, me. Yolandi van Zyl en me. Mareli Venter. Dit is vir die EHS ‘n groot verlies, maar ons wens vir elkeen ‘n voorspoedige toekoms toe waar julle net seën in oorvloed sal ervaar en dat julle harte altyd Errie-groen...

Read More

Hoërskool Ermelo se Kunstesentrum-leerders presteer weer!

Musiek is genesing vir die siel en die Erries se Kunstesentrum is trots op hiérdie musiek-leerders vir hul besonderse goeie uitslae tydens 2017 se Royal School-eksamen: Esmé Joubert (foto heel bo) slaag haar graad 4-klavier met ‘n onderskeiding van 90%. Khayzek du Toit (foto links) slaag sy graad 3-klavier met ‘n onderskeiding van 92%.     John Lloyd (foto links) slaag met 85% sy graad 2-klavier.     Baie geluk aan elkeen. Julle harde werk en ure se oefening gaan nie ongesiens verby...

Read More

Ligbron-learning system ontvang toekenning in Mumbai

Die “Ligbron e-learning system” het op Donderdag, 23 November 2017, ‘n toekenning ontvang vanaf die “World Education Congress, Global Awards for excellence in education, leadership & teaching” wat in Mumbai plaasgevind het. Dit is ‘n groot eer wat Ligbron Akademie vir Tegnologie te beurt geval het.  Mnr. Dup van Rensburg (skoolhoof) en mnr. Frans Kalp (Adjunkhoof e-learning) het die funksie gaan bywoon en die toekenning namens die skool ontvang.  Ligbron is ‘n trofee en sertifikaat toegeken vir Excellence in e-learning and innovation.   Mnr. Frans Kalp was ook die geleentheid gegun om ‘n kort voorlegging van die “Ligbron e-learning system”...

Read More

Matrieks groet!

Ligbron Akademie vir Tegnologie se matrikulante het op Maandag, 27 November 2017, hul hoërskool-loopbaan op ‘n gepaste wyse afgesluit nadat hulle, hul laaste vraestel geskryf het. Ligbron bedank elkeen van hierdie leerders vir hulle goeie gesindheid en getroue toewyding tot die skool en wens elkeen sterkte toe met die blink toekoms wat op hul elkeen wag....

Read More

Con Spirito Kunsvereniging by Ermelo Hoërskool in 2018

Con Spirito!!!! is ʼn unieke Kultuurvereniging, Kultuur met Geesdrif, wat nou al vir die sestiende agtereenvolgende jaar in Gauteng funksioneer. Ons is daar vir enige vorm van kultuur. Die Vereniging wil graag: Kultuur bevorder Geleenthede skep Talent ontdek en ontwikkel Goeie nuus! ʼn Kunswedstryd op jou drumpel in 2018! Leerders uit enige skole of privaatinstansies uit Mpumalanga kan aan hierdie kunswedstryd deelneem wat by Hoërskool Ermelo aangebied word. DATUMS : 17, 18, 19 Julie 2018 VENUE : Hoërskool Ermelo Leerders kan vir die volgende afdelings inskryf: Skryf Dans Redenaars Drama Sang Instrumentaal Kore en sanggroepe ʼn Brosjure en inskrywingsvorms...

Read More

Categories

Positive Quotes

The expert in anything was once a beginner.