Category: Rugby

Nog ‘n Errie lid van SA-Bokkiespan!

Willie Boshoff, graad 8-leerder aan Hoërskool Ermelo is tydens die Bokkieweek vir die 7’s-rugby in Oktober 2017, by H/S Wilgers in Pretoria gekies as lid van die o/14 SA-Bokkiespan wat vanaf 3 tot 13 Desember 2017 aan die Vision Sports-toernooi in Mauritius gaan deelneem. Baie geluk, Willie! Die Erries is trots op...

Read More

Errie is lid van 7’s-rugby SA-Bokkiespan

Tydens die Somerweek (Bokkieweek) vir die 7’s-rugby in Oktober by H/S Wilgers in Pretoria, is Cornus van den Berg, graad 10, van Hoërskool Ermelo, gekies vir die o/16 SA-Bokkiespan wat vanaf 3 tot 13 Desember aan die Vision Sports-toernooi in Mauritius gaan deelneem. Baie geluk, Cornus! Die Erries is besonder trots op jou en wens vir jou alle seën toe! Geniet die...

Read More

Leon gekies vir SA Bokkie 7’s rugbyspan

Leon du Preez, ‘n graad 10 leerling by Ligbron Akademie vir Tegnologie het vanjaar Buite Senter vir Ligbron se o/16A rugbyspan gespeel wat nie net Mpumalanga Kampioene was nie, maar hulle het ook deurgedring tot by die Semifinale van die Virseker Beker.  Leon was ook gekies as die skrumskakel vir die o/16 Grant Khomo rugbyspan wat gedurende die April skoolvakansie in Bloemfontein deelgeneem het en Mpumalanga verteenwoordig het. Leon het gedurende die Oktober-vakansie die Hoëveld verteenwoordig in die Hoëveld Bokkie 7’s rugbyspan waarna hy gedurende verlede week uitgevind het dat hy opgetrek word na die SA 7’s Bokkiespan wat...

Read More

Wintersport Big Bash vol pret vir die Erries!

Op Donderdag, 19 Oktober 2017, het Hoërskool Ermelo se leerders ‘n pret middag gehad waar die hokkie, netbal en die rugby sommer net lekker teen mekaar gespeel het vir span- en geesbou! Die Erries het dit ontsettend geniet – van die spelers, die toeskouers en selfs die beamptes! Dankie aan  elke  Errie – 2017 se sport is op ‘n hoë noot...

Read More

Erries presteer by Hoëveld 7’s-rugby

Cornus van den Berg en Johan Nel, albei graad 10-leerdres van Hoërskool Ermelo, het op 4 tot 7 Oktober 2017 die geleentheid gehad om aan die somerweek van die Hoëveld 7’s-rugby te gaan deelneem by Hoërskool Die Wilgers in Pretoria. Die span het 12 wedstryde gespeel, waaruit hulle 11 gewen het. Altesaam teken hulle 260 punte aan en staan slegs 80 punte af. Die Hoëveld se o/16-rugbyspan, waarvan Johan en Cornus lid is, speel in die finaal en spog met ‘n oorwinning van 50 – 12 teen Noord-Vrystaat. Die span word ook aangewys as wenners van die toernooi! Johan...

Read More

Categories

Positive Quotes

The expert in anything was once a beginner.