Category: Tennis

EHS-tennis kompeteer goed tydens Sun City-toernooi

Hoërskool Ermelo se Erries seuns- en dogters-tennisspanne het Maandag, 25 September tot Vrydag 29 September 2017, aan die 2017 Sun City Wilson Shield vir Hoërskole deelgeneem. Dit was goeie kompetisie en ons glo hierdie strawwe kompetisie sal goeie vrugte afwerp. Die seuns het deelgneem teen Hoërskool Menlopark, Trinity House Pearson en Grey van Port Elizabeth. Die meisiespan het deelgneem teen Hoërskool Nelspruit, Menlopark, Kathu, Trinity House Pearson en Duineveld. Die spelers het toegang gehad tot “Valley of the Waves” en kon ‘n welverdiende ruskans geniet na harde wedstryde. Die seuns en dogters het albei vierde in hul onderskeie groepe...

Read More

Gromar Leerlinge by OTVL Tenniskampioenskappe

Op Saterdag, 9 September 2017 het Gromar se leerlinge in heerlike warm weer gaan deelneem aan die OTvl Tenniskampioenskappe te Middelburg.  Gromar se tennisspelers het besonder goed gevaar en die volgende leerlinge het deurgedring na die Oos-Transvaal span wat gaan deelneem aan die Nasionale Kampioenskappe wat op 13 en 14 Oktober sal plaasvind te Gauteng: Die uitslae was soos volg: 0/10 Seuns Michiel Genis (1ste) 0/12 Dogters Miamien van der Ryst (2de) Maria Pretorius (3de) Linde van der Merwe (4de) 0/12 Seuns Wian Smit (1ste) Barend Botha (3de) 0/14 Seuns Derik van der Ryst (1ste) Dawid Pretorius (2de) Charl...

Read More

Nellies Klub 1000 se tennismarathon hope pret!

Die Nellies Klub 1000, Hoërskool Nelspruit se ondersteunersklub, het Saterdag 9 September hul jaarlikse tennismarathon aangebied. Hierdie sportdag word aangebied as fondsinsamelingsprojek waarvan die fondse uiteindelik weer gebruik word om die skool met spesiale projekte of waar nodig by te staan. Spelers en ondersteuners was reeds van vroeg af op die bane en veral die tennisspeletjies tussen deur die kompetisie het gesorg vir baie pret en plesier vir jonk en oud. Hierdie jaar se marathon het die formaat van ‘n “team tennis” toernooi  aangeneem waartydens twee spanne (elke span bestaan uit twee mans en twee vroue) teen mekaar uitgespeel...

Read More

Uitslae van Mpumalanga tennis-uitspele

Dit uitslae van die Mpumalanga tennis-uitspele vir die Hoërskool Nelspruit is as volg: Semi-finale – Seuns 1stes wen Ermelo 37-30 2des wen Ligbron 42-25 3des wen Ermelo 56-11 4des wen Ermelo 62-5 Semi-finale – Dogters 1stes wen Standerton 34-33 2des wen Ermelo 45-22 Finale – Seuns 1stes verloor HTSM 22-57 2des verloor HTSM 56-23 3des wen HTSM 56-23 4des wen Middelburg 62-5 Finale – Dogters 1stes wen HTSM 40-39 2des wen HTSM 40-39...

Read More
  • 1
  • 2

Categories

Positive Quotes

The expert in anything was once a beginner.