Die Erries het op Woensdag, 23 Januarie, op hul tuisveld te staan gekom teen Ligbron Akademie vir Tegnologie vir hul eerste wedstryd in vanjaar se T20-krieketliga. Dit is vanjaar die eerste keer dat die Erries aan die kompetisie deelneem. Die wedstryd was goeie blootstelling vir EHS se krieket.
EHS het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Hoërskool Ermelo het daarin geslaag om 104 vir sewe in die toegelate 20 boulbeurte aan te teken. Op hul beurt het Ligbron die lopies in 11.1 beurte suksesvol nagejaag met die verlies van slegs twee paaltjies. Ligbron wen dus die wedstryd met agt paaltjies.

Die EHS se uitblinkers was Danie Theron met 28 lopies, Baruch Buchling (3 beurte, 1 paaltjie vir 25 lopies) en Tobie Leibbrandt (2 beurte, 1 paaltjie vir 14 lopies).

Die Erries se volgende wedstryd vind DV plaas op Woensdag 31 Januarie teen Hoërskool Oosterland op EHS se gronde.