Baie geluk aan Hoërskool Ermelo se rugbyseuns wat gekies is 2019 se Mpumalangaspanne: Tiaan Grobler, CJ van Huyssteen en Diederik van der Walt is gekies vir die o/15A-span. Corné Janse van Rensburg is gekies vir die o/16B-span.

Walter Visser en Mitchelson Mkhwanazi is gekies vir die Cravenweek-span.

EHS is besonder trots op elkeen van die seuns en wens vir hulle alle voorspoed toe vir die oefening en wedstryde wat voorlê.

Voor vlnr: CJ van Huyssteen, Diederik van der Walt en Corné Janse van Rensburg

Agter vlnr: Mitchelson Mkhwanazi, Tiaan Grobler en Walter Visser