Op Dinsdag, 7 Mei, het Hoërskool Ermelo en Ligbron Akademie vir Tegnologie se seunshokkiespanne teen mekaar te staan gekom.

Die 2de hokkiespanne het eerste kragte gemeet. Na ‘n harde eerste helfte was Ligbron 3 – 0 voor. EHS het hard terug geveg, maar Ligbron wen die wedstryd 4 – 0.

In die 1ste span se wedstryd het Ligbron vroeg in die eerste chukka ‘n doel geskiet. Die Erries was 80% van die wedstryd by Ligbron se doelhok, maar kon net nie afrond nie. Ongelukkig vir die Erries eindig die wedstryd 1 – 0 in Ligbron se guns.

Foto bo: Willie Harmse

 

Daniel van der Merwe