Op Vrydag, 10 Mei, het die Erries hul jaarlikse opedag gehou.

Die dag was gevul met opwinding en interessante aktiwiteite vir die graad 7’s en ‘n baie insiggewende inligtingsessie vir die ouers in die laatmiddag.

Die onderskeie huise se opedae sal later die jaar plaasvind.

Die span Errie-onnies, -leerders en -ouers, asook die Ermelo-gemeenskap, het almal agteroor gebuig om van dié dag ‘n sukses te maak. Alles wat Vrydag plaasgevind het, het gewys dat die verskil by EHS is nie nét in wat die Erries doen nie, maar hóé die Erries dit doen.

EHS bedank graag die instansies en persone wat betrokke was om van dié dag ‘n sukses te maak: Agri Benodighede, Mnr. Jan Grey van Jan Vos Landgoed, Claas, Afgri, Rothman Motors, Nooitverwag Beefmasters, Me. Lydia Boersema, Mnr. Molie Mentz van BKB Ermelo, Ma Bett’s, Mnr. Oubaas de Jager en mnr. Stefan Arnoldi. Die Erries is besonder dankbaar vir elkeen se deelwees by die EHS.

EHS sien uit om die nuwe leerders in die Erries se midde te verwelkom.

Foto’s: Groepe graad 7’s wat die pretmiddag saam met die Erries geniet.