Op 9 en 10 Junie het Marnelé van den Bergh, graad 11-leerder van Hoërskool Ermelo, dubbel Mpumalangakleure tydens die Dance International-kompetisie vir Disco- en Moderne-danse verwerf.

Op 21 Julie het Marnelé deelgeneem aan die International Fine Art Association-kompetisie en verwerf ‘n derde plek vir Moderne-dans (85%) en ‘n vierde plek vir Disco-dans (91%).

Op 28 Julie neem sy deel aan die Extreme dans-kompetisie. Hier verwerf sy ‘n tweede plek vir Moderne-dans (89%), ‘n eerste plek vir Disco-dans (95 %) en ontvang die trofee vir die beste Disco-danser.

Baie geluk, Marelé. Die Erries is besonder trots op jou!