Rico Jordan spog trots met sy vangs.

Op 19 Oktober het Rico Jordan van Hoërskool Ermelo, as deel van die Noord-Oos Mpumalanga o/19A-span, deelgeneem aan die All Transvaal kompetisie by die Vaaldam.

Die span stap met die goue medalje weg en Rico vang die swaarste Karp tydens die kompetisie.

Baie geluk, Rico! EHS is besonder trots op jou.