Op Donderdag 4 April het Hoërskool Ermelo se netbalspeelsters hul eerste ligawedstryde gespeel teen Hoërskool Volksrust.

Die Erries het aanskoulike netbal gespeel met akkurate doele en vasberade verdediging.

Al die spanne het oortuigend gewen.

Die uitslae was as volg:
o/14A wen 26-5
o/15A wen 36-8
o/16A wen 26-7

Hoërskool Ermelo Calstar eerstespan wen 54-9.

Baie geluk aan die Errie-netbaldogters met hul welverdiende oorwinnings.

Die EHS is opreg trots op elke dogter.

Foto bo: Lungile Vilakazi