Op Saterdag, 11 Mei, het Hoërskool Ermelo se netbal A-spane aan die Gert Sibande A-span streekskampioenskap deelgeneem te Hoërskool Standerton.

Weereens word die Errie-netbal uitgeken aan uitstekende spel en ongelooflike uithouvermoë.

Die o14A-span wen vir Ligbron Akademie en Hoërskool Standerton met onderskeidelik 14-12 en 16-6, maar verloor ongelukkig in “sudden death” teen Hoërskool Secunda met 14-15 na ‘n harde wedstryd.

Die o/15A-span wen al drie hulle wedstryde: EHS wen Hoërskool Evander met 18-6, Ligbron met 9-5 en Hoërskool Oosterland met 15-12.

Die o/16A-span wen met ‘n pragtige telling van 22-1 teen Evander, verloor naelskraap teen Hoërskool Hoogenhout met 10-11 en wen Hoërskool Oosterland met 17-11.

Die Hoërskool Ermelo Calstar eerste netbalspan verloor ongelukkig hul eerste wedstryd vir die dag teen Ligbron naelskraap met 27-28, maar wen teen Standerton met ‘n pragtige telling van 30-13. EHS “wen” die stryd teen Piet Retief ook, weens punte wat deur Piet Retief gegee is as gevolg van ‘n besering.

Die Hoërskool Ermelo Calstar eerste netbalspan, asook die o/14A-span kwalifiseer om aan die MSN-kampioenskap deel te neem in Nelspruit.

EHS is besonder trots op elkeen van die netbaldogters en wens die spanne wat voortgaan alles van die beste toe. Die

Erries staan bankvas agter julle!

Foto bo: Lungelo Vilakazi