Mnr. Herman Labuschagne en me. Mariaan Rust.

Twee van Hoërskool Ermelo se personeel, mnr. Herman Labuschagne en me. Mariaan Rust het tydens die vakansie ‘n ATKV Redenaars-beoordelaarskursus bygewoon.

Die kursus wat in Pretoria plaasgevind het, het gefokus daarop om die kursusgangers toe te rus met genoegsame kennis om ATKV-redenaarskompetisies te kan beoordeel.

EHS se personeel is dankbaar vir die geleentheid om deel te kan wees van ‘n organisasie soos die ATKV en sien uit hulle deel te doen om Afrikaans te bevorder.