Baie geluk aan Theoné Theron, graad 10-leerder van EHS, wat uitstekend presteer het tydens die Rapha Paddock and Riding-skou in Bethal.

Sy behaal drie uitnemende eerste plekke in onderskeidelik Stap-klas, Draf-klas en Inhand-klas.

Baie geluk, Theoné.

EHS is besonder trots op jou.