Hoërskool Ermelo leerder, Surika Struwig, en haar perd, Janic Fosfor, is aangewys as Perd van die Skou tydens die Mpumalanga SA Boerperd Kampioenskap.

Saam is hulle ook Universele 3 gang Kampioen Ruiter en Universele 3 gang Ryperd Reserwe Kampioen. Hulle behaal ook sewe eerste plekke en vier ander kampioenskappe.

Walter en Inge van der Walt het deelgeneem aan die heel eerste “National Barrel Horse”-kompetisie.

Walter het ‘n algehele tweede plek en Inge ‘n algehele derde plek in die Youth afdeling vir ruiters 13 – 18 jaar.

Foto bo: Inge van der Walt