Hoërskool Ermelo se skuts het op Vrydag en Saterdag, 10 en 11 Mei, aan die vierde prysskietkompetisie te Nelspruit deelgeneem. Al die skuts het goed geskiet en vier EHS-skuts teken hul persoonlike bestes aan.

Van die tellings wat geskiet is, is as volg:

In die geweerafdeling skiet Reinhardt Vorster 1379, Pieter de Beer 1325 (pb), Renel Swanepoel 1249, Dehandri Morkel (L/S JJ van der Merwe) 1224, Hendrea van Zyl 1216, GJ Swanepoel 1153 (pb) en Herentia van Zyl 1048 (pb).

Op hul beurt skiet Emma Stevens 520 en Reynhardt de Beer (L/S JJ van der Merwe) 638 (pb) in die pistoolafdeling.

Die vyfde prysskiet vind binnekort plaas en EHS wens hul skuts alle strekte toe vir die komende kompetisie.