Die naweek van 3 tot 4 Augustus het die Mpumalanga Skole Skiet se finaal in Ermelo plaasgevind. Vyf van Hoërskool Ermelo se skuts het deelgeneem. Dit was ook die finale proewe om ingesluit te word in die Mpumalanga-span wat Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse-Kampioenskappe gedurende die Oktober-vakansie gaan verteenwoordig.

Baie goeie tellings is geskiet en die kompetisie was straf. Na afloop van die kompetisie is die span aangekondig. Vier van die Erries is ingesluit in die span: In die o/21-span is Reinhardt Vorster en John-Henri van Zyl ingesluit.

In die o/16-span is Drean van Breda en in die o/14-span is Pieter de Beer (Laerskool JJ van der Merwe) ingesluit.
Tellings wat deur die Erries geskiet is, is as volg: Reinhard Vorster 1404, Drean van Breda 1368, John-Henri van Zyl 1318, Pieter de Beer 1267 en Herman Holthauzen 1231 (pb).

Baie geluk aan hierdie Erries. Julle maak EHS besonder trots.