Hoërskool Ermelo se redenaars het op Woensdag 10 April met baie groot belangstelling afgeskop. Tydens die jaarlikse interne-redenaarskompetisie het die leerders voorwaar hul blink gevryfde talent na vore gebring.

In die juniors se voorbereide-afdeling word Mienke Cloete aangewys as wenner en Zané du Plessis by die juniors onvoorbereid.

By die senior voorbereide-afdeling is Amy Greyling die wenner en Charis Brundyn by die seniors se onvoorbereide-afdeling.

EHS se Addisionele Taalleerders presteer ook uitstekend met Aalia Deedat in die eerste plek.

Die volgende leerders is deur na die eerste ronde van die ATKV-redenaars: Charis Brundyn, Leandri Viviers, Zara Büchling, Amy Greyling, Francois du Plessis, Elizia van Heerden, Mienke Cloete, Zané du Plessis, Dirk Maritz, Johnke Prinsloo, Danielle Kocaj, Carla Ferreira, Aalia Deedat en Karabo Nkosi.

Hoërskool Ermelo is trots op elkeen wat deelgeneem het en opgewonde oor die groeiende belangstelling op kultuurgebied.

Baie geluk aan elkeen wat ‘n plek ontvang het.

EHS hou duim vas vir die volgende kompetisies!

Foto bo: Voor vlnr: Elizia van Heerden, Johnke Prinsloo, Danielle Kocaj, Aalia Deedat, Karabo Nkosi en Dirk Maritz

Agter vlnr: Amy Greyling, Carla Ferreira, Charis Brundyn, Mienke Cloete, Zané du Plessis en Francois du Plessis

 

Vlnr: Charis Brundyn, Aalia Deedat, Mienke Cloete en Zané du Plessis