Vrydagoggend, 23 Junie 2018 het ‘n opgewonde klomp leerders van Hoërskool Ermelo na Kruisrivier-kampterrein vertrek! Die “Fruit Loops”-Kalistokamp was ‘n groot HEERLIKHEID! Die TEMA was die “Vrug van die Gees”. Getuienisse van die kinders sluit in:

”Jho…in die begin het ek nie n idee gehad wat om te verwag van hierdie kamp nie, maar op die einde het dit my lewe totaal verander. Die manier hoe ek na mense en dinge gaan kyk is anders. Ek dink die kamp is ‘n onvergeetlik ervaring en beslis een vir die boeke!”

“Dit is regtig amazing en ek dink almal kan sê da tons met ‘n vuur in ons harte van die kamp af wegstap.”

“Ek het dit rerig geniet. Dit was awesome en ek sal hierdie naweek nooit vergeet nie!”

ERRIE HOLY SPIRIT FIRE! Alle eer kom die Here toe!

Dankie aan elke ouer wat u kind met vertroue gestuur het om hierdie “onthou ontmoeting” met die Here en nuwe vriende moontlik te maak! Die Errie Onnies wat saam was – julle is ‘n span duisend!! Dankie aan die oud-Erries wat elke jaar saam gaan as die Lofspan en ook as groepleiers! Ons waardeer julle Errie-lojaliteit en harte wat steeds warm klop vir Jesus!

Baie dankie aan Pastoor Mzi Duye en Pastoor ZD en Lizette Büchling wat ook saam was en vir julle onskatbare bydrae!

Aan elke ERRIE wat daar was: julle maak die EHS opgewonde vir die toekoms as ons sulke pragtige, standvastige, Geesvervulde kinders die wêreld kan instuur!