Op Donderdag,18 Oktober, het Hoërskool Ermelo hulle jaarlikse glans-prysuitdeling gehad.

Die Erries het erkenning gekry vir hulle prestasies wat behaal is deur die loop van 2018. Dit was ‘n besondere geleentheid en EHS is trots op die Erries wat ‘n sertifikaat, prys of trofee gekry het en ook op elke leerder van EHS wat sy of haar deel doen en ‘n bydrae lewer tot die groot hoogtes wat Hoërskool Ermelo bereik.

Daar is heelwat pryse uitgedeel en hier volg slegs ‘n paar van die besondere prestasies:

  • Die Standerd Bank Wisseltrofeë vir die graad 8 tot 11 Sportseun en -dogter het onderskeidelik gegaan aan Caylin Loock (graad 8) en Walter Visser (graad 11).
  • Kelly-Anne Bourn en Lydia Landman deel die Marie-Louise Henning Wisseltrofee vir die Sportdogter in graad 12. Die Arnold Arnoldi Wisseltrofee vir graad 2 Sportseun het gegaan aan Stefan Kemp.
  • Vandré Swart was die trotse ontvanger van die Theana de Beer Wisseltrofee vir die beste Kultuurbydrae
  • Lydia Landman het die NJ Robbertse-prys ontvang vir die Beste sport- en akademieleerder.
  • Die Handhawersprys, wat ‘n besondere EHS-trofee is, is oorhandig aan die hoofseun van 2018, Willie Greyling.
  • Met die prestasie as EHS se Dux-leerder, ontvang die Erries se hoofdogter van 2018, Lydia Landman, ‘n kontantprys van een van die borge van die prysuitdeling, Dale Groenewald, ‘n besondere silwer skinkbord geborg deur die hoofborg, TWK, asook die Fairbairn-medalje.

EHS bedank graag die hoofborg, TWK, asook al die ander borge, onder andere mnr. Dale Groenewald, wat die pragfunksie moontlik gemaak het.

Die Erries is dankbaar vir elke onderwyser, leerder, ouer en lid van die gemeenskap wat Hoërskool Ermelo sonder ophou ondersteun.

EHS buig ook dankbaar voor God neer vir besondere leerders en genade sonder ophou.