NHS se leerders het Maandag, 1 Junie, begin met die nuwe normaal van skoolgaan.
Voordat leerders aangemeld het by hulle verskeie registerklasse is hulle temperatuur geneem en alle hande is gesaniteer.
Leerders en onderwysers het ook deurentyd sosiale distansiëring gehandhaaf alhoewel die weersiens vreugdevol was en almal mekaar eerder sou wou omhels of n stywe handdruk gee.
Hierdie gegewe tyd is gebruik om die graad 12’s te bemoedig en ook te bemagtig met die nodige inligting oor Covid-19.

Mag die laaste gedeelte van jul matriekjaar vreugdevol wees!