Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Maandag, 8 Julie, die graad 12 leerders terug verwelkom.  “Dit is vir ons wonderlik om weer die stemme van ons kinders op die terrein te hoor.  ‘n Skool is net nie dieselfde sonder sy leerders nie.”  Die Liggies is gereed vir die nuwe normaal waarin ons ons nou bevind en is opgewonde om weer by die skool te wees.  Ligbron kan nie wag om die res van ons leerders by die skool te verwelkom nie!