Baie geluk aan een van Ligbron Akademie vir Tegnologie se kranige netbalspelers, Jana du Plessis, wat onlangs gekies is vir die Mpumalanga o/14A netbalspan.

Jana sal gedurende die volgende skoolvakansie saam met die res van haar Mpumalanga-span op ‘n toer gaan waar hulle Mpumalanga sal verteenwoordig.