Hoërskool Nelspruit het Dinsdag, 28 Augustus hul eerste van twee prysuitdelings aangebied waartydens daar sport-, kultuur- en betrokkenheidtoekennings gemaak is.

Balkies, erekleure en spesiale erepennings vir nasionale prestasies is ook toegeken. Toppresteerders in die skool het trofeë ontvang.

Baie geluk aan al die uitnemende Nellies wat pryse gewen het.

Die aand is moontlik gemaak deur CK@NHS Sport en Skooluitrusters.

Die akademiese prysuitdeling vind Donderdag, 11 Oktober plaas.