4 MPU kampioene, 1 MPU naaswenner en 3 A-spanne in MPU finaal vir Ligbron rugby.

Ná afloop van die Mpumalanga semi-finale en finale wat op Saterdag, 8 Junie op Ligbron se velde plaasgevind het, het Ligbron Akademie vir Tegnologie ‘n ongelooflike rugby-naweek agter die blad, met 4 Mpumalanga Kampioene, een Mpumalanga Naaswenner en 3 A-spanne wat deur dring na die Mpumalanga finaal.

Rugby het behoorlik geseëvier en dit was duidelik dat elke span hulle alles gegee het en tot die bitter einde baklei het om hulle posisie te beklee.

Die uitslae van die dag is soos volg:

• o/14A wen 38-0 teen HTS Witbank en dring deur na die finaal teen Hoërskool Secunda;
• o/14B wen 19-14 teen Hoërskool Secunda en is gekroon as Mpumalanga kampioene;
• die Nashua Highveld o/15A’s speel gelykop 26-26 teen EHS, EHS teken eerste punte aan en gaan deur as nommer 1 en Ligbron as nr 3;
• o/15B wen 21-17 teen Piet Retief en word gekroon as Mpumalanga kampioene;
• die Computer Connection o/16A’s wen 24-7 teen Piet Retief en dring deur na die finaal teen Rob Ferreira;
• o/16B wen 55-5 teen Piet Retief en word gekroon as Mpumalanga kampioene;
• die derdespan verloor 10-12 teen Piet Retief en eindig as Mpumalanga naaswenners;
• die tweedespan wen 13-7 teen Piet Retief en word gekroon as Mpumalanga kampioene en
• die Calstar Group Eerstespan wen 35-20 teen EHS en dring deur na die finaal teen Hoërskool Secunda.

Die A-spanne se finale sal op Saterdag, 13 Julie, op Ligbron se tuisveld plaasvind.

Foto bo: o/14B gekroon as Mpumalanga Kampioene