Die groep graad 10’s, pragtig aangetrek vir die geleentheid.

Op Saterdag, 19 Oktober, het Nelstehuis se jaarlikse Ma- en dogtertee plaasgevind by Hoërskool Ermelo se Ouditorium.

Die tema was vanjaar “As die lewe suurlemoene uitdeel, maak limonade daarvan” en die tafels was daarvolgens gedek en het besonder keurig gelyk.

Dit is die graad 10’s van Nelstehuis se verantwoordelik om die tee te reël. Hierdie jaar se motiveringspreker was DonnaLee Roberts. Om die dag vir DonnaLee spesiaal te maak, het die dogters die lied “Vir Altyd” aan haar opgedra. Dit was pragtig om die soet dogterstemme te hoor. Baie dankie aan mnr. Phila Dladla wat hulle afgerig het.

DonnaLee het gepraat oor die “avontuur van vrouwees” en elke vrou en dogter kon identifiseer met hierdie praatjie. Sy het aan die gehoor baie nagelaat om oor te dink.

So ‘n funksie kan nie sonder die hulp van ouers gereël word nie. Dankie aan elke ouer wat bygedra het en hard gewerk het om van hierdie funksie ‘n sukses te maak.

Die hoofborg was mnr. Braam de Kock van Highveld Office Supplies. Groot dank gaan aan mnr. De Kock wat dit moontlik gemaak het om DonnaLee na Ermelo te bring.

Die Nelsies en Erries is dankbaar vir elkeen wat deel was van die sukses. Die graad tien dogters het waarklik met finesse opgetree en EHS trots gemaak!