Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, se skuts het die afgelope naweek aan die 4de Prysskietkompetisie deelgeneem wat in Nelspruit plaasgevind het. In die o/14-afdeling het 53 skuts deelgeneem met Ligbron se skuts wat die volgende plekke behaal het: SJ van Eck 27ste met 1021 punte, Hugo Engelbrecht 28ste met 1020 punte en Beverley Kristen 36ste met 952 punte. In die o/16-afdeling was daar 55 skuts wat deelgeneem het met Sumè Snyman in die 2de plek met 1391 punte, Gerhard Botma 14de met 1305 punte, Erenst Botha 16de met 1283 punte, Mornè van Aswegen 19de met 1269 punte en Roeland Minnaar 48ste met 1048 punte.

Sophia Giliomee het in die o/21-afdeling deelgeneem en ‘n pragtige 3de plek los geskiet. Baie geluk aan elke Liggie-skut wat sulke pragtige prestasies opgelewer het.

Foto: Sophia Giliomee en Sumé Snyman het albei onder die top 5 skuts in hulle onderskeie afdelings geëindig tydens die afgelope naweek se 4de Prysskiet kompetisie.